Tuesday, April 6, 2010

Ek vra maar net.

Vriende, ek kon om verskeie redes nie Jesus Way die afgelop drie weke bywoon nie. En sal vanaand ook nie kan nie. Gevolglik lees ek dikwels die blog om my op hoogte te hou maar (no offence) dit is vir my teleurstellend. Niemand deel hulle eie gedagtes nie, slegs copy en paste.

Waarom is daar nie daadwerklike en in diepte besprekinge nie? Waarskynlik voel niemand die behoefte nie aangesien die byeenkomste genoeg ruimte daarvoor bied. Of mense vind niemand die tyd daarvoor nie. Maar waarom dan die blog? Is dit dalk 'n kwessie van "Biting off more than you can chew"?

Jammer julle! Ek vra maar net...


2 comments:

zelda said...

Jacques
Ek dink dit is kombinasie.

Dit is ook anders om 'n mening te spreek as om dit op 'n blog te skryf.
Dit is meer pertinent, in gesprek is daar gewoonlik verdwaalde gedagtes, nie almal hoor wat mens se nie.
Met pertinent bedoel ek - written it is more in your face, you may need to address/take an action. Then yes we bite off more than we can chew, or want to chew.

Ruaan said...

Hi Jacques,
Jy vra 'n baie "valid" vraag. Laas week was geweldig "powerful", want ons het tyd gemaak om in die kerk, in stilte, te gaan sit en as't ware bietjie te mediteer oor (en met) Vader, waarna ons dan ook nagmaal gehad het.

Ek hou van die aande waar ons spesifieke gesprekke het rondom pertinente bybelse konsepte...

Ek voel soms die sosiale aande kom nie heeltemal by die pertinente punt uit wat ek aanvanklik verwag het nie, maar, daar is seker 'n doel daarin ook.

Om terug te kom na jou vraag toe, ek dink die mense (myself ingesluit) is NET TE besig. Seker maar die resultaat van 'n samelewing waarin ons onsself deesdae bevind.

"That being said", moet ek myself soms afvra - dis altyd interessant hoe vinnig ek 'n plan kan maak vir 'n "social", maar, wanneer dit by hierdie tipe dinge kom......